What We offer

Our Program Includes:

  • Fun, theme-based lessons

  • Voice and movement training

  • Creative expression

  • Emotional awareness exercises

  • Performance and confidence building

  • Safe, structured play

Who We Serve / Wie Kan Aansluit?

Dramatix is ideaal vir kinders wat:

  • skaam is en ’n bietjie ekstra selfvertroue nodig het

  • reeds kreatief is en hul talent wil ontwikkel

  • lief is vir stories, rolspel en verbeeldingspel

  • hulp benodig met emosionele of sosiale ontwikkeling

  • net graag wil leer, lag en nuwe vriende maak

Every child is welcome.

Our Promise to Parents

Growth You Can See

You will notice improvements in:

  • Communication

  • Self-confidence

  • Social interactions

  • Emotional awareness

  • Creativity and imagination

Struktuur

Ons bied duidelike reëls, ’n veilige leeromgewing en ’n jaarlikse sertifiseringsproses wat kinders motiveer om deurentyd hul beste te gee.

Commitment to Excellence

We care deeply about each child’s progresson stage and in life.

3 TOT 6 JAAR

Kreatiewe Struktuur

Kleuters en grondslagfase kinders floreer op struktuur en roetine en daarom sal hul‘le dikwels vra om ‘n storie of liedjie oor en oor te luister. Die DRAMATIX sillabus akkommodeer hierdie feit deurdat die klasse rondtom ‘n vaste struktuur gebou is.

Alhoewel hierdie struktuur dan die basis vorm word dit elke week binne ‘n kreatiewe tema verander wat die kinders deurentyd nuwe vaardighede leer terwyl hulle dink hulle speel.

Gradering

Aan die einde van elke jaar ontvang die kinders ‘n graderingsertifikaat wat aandui dat ‘n sekere vlak van die program voltooi is en kinders wat die volle drie jaar program voltooi ontvang ‘n Drama Medalje. Hierdie leer hulle ook die beginsel aan dat ‘n mens hard moet werk en moet vasbyt om iets spesiaal te kry.

GR R kunswedstryd deelname

Al die Gr R DRAMATIX leerders word blootgestel aan n individuele kunswedstryd gedurende die jaar. Indien die hele Gr R groep aan die aktiwiteit deelneem word n DRAMATIX kunswedstryd by die skool gereel, andersins word die kinders ingeskryf by n kunswedstryd in die omgewing en word die inskrywingsfooi addisioneel gehef by die 2e kwartaal klasfooi.

Volhoudende Vaardigheidsontwikkeling

Die vak Lewensvaardigheid in Gr 1 tot 3 sluit n dans – en drama komponent in. Omdat dit so moeilik is om hierdie komponent met groot groepe kleintjies sinvol te fassiliteer bied die grondslag wat hulle op n meer informele wyse gekry het n sterk voorsprong en die Gr 1 onderwyser begin nie met ‘rou material nie’.

Vaardighede wat aangeleer word in die BASISJAAR en KERNJAAR program wat die leerder n voorsprong gee in Graad 1 Lewensvaardigheid sluit in:

  • Korrekte Postuur
  • Duidelike uitspreek van woorde (artikulasie en projeksie)
  • Ontspannende Asemhaling (interkostale diafragmatiese asemhaling)
  • Selfvertroue om voor n groep op te tree
  • Gehoor etiket
    Drama is nie net ‘n aktiwiteit waarby voorskoolse en laerskool kinders kan baatvind nie want meeste hoërskole bied dit ook aan as ‘n matriekvak wat Universiteitstoelating status dra. Dus kan die kind reeds nou begin ontwikkel aan ‘n vaardigheid wat hy/sy kan laat groei tot volwassenheid deur die loop van sy/haar skoolloopbaan.

GRAAD 1 - SENIOR

Graad 1 tot Graad 3

  • Die Gr 1 tot 3 Laerskool Program bou op die kreatiewe struktuur en KUNSWEDSTRYD DEELNAME in groepverband word bygevoeg. Spreekkoorwerk is uiters opvoedkundig want dit ontwikkel KONSENTRASIE, GROEPWERK, KREATIWITEIT, SELFBEELDONTWIKKELING asook DEURSETTINGSVERMOE. Ingeskrewe lede van die ateljee kry ook toegang tot REDENAARSHULP asook INDIVIDUELE AFRIGTING deur opgeleide Dramatix fassiliteerder teen n addisionele afrigtingsfooi.

Senior Program

  • Van Gr 4 tot Gr 12 word Dramatix leerders ingeskryf vir die Nasionale Spraak en Drama eksamen aangebied deur die Spraak en Drama College (SA)
  • Afrigtingshulp in alle genres word gebied, werkswinkels binne temas word ontwikkel en daar is n groot klem op INDIVIDUELE KREATIWITEITSONTWIKKELING, BOU VAN LEIERSKAP EN SAMEWERKING asook SPRAAKVAARDIGHEID.

Watter unieke vaardighede word aangeleer?

  • Emosionele Intellegensie
  • Selfvertroue
  • Kreatiwiteit
  • Spraakvaardigheid – beide woordeskat en uitspraak

Grade 1 to 3

  • The Gr 1 to 3 program builds on the creative structure and eisteddfod participation in groups gets added. Choral Verse work is extremely educational and develops concentration, group work, creativity, confidence and perseverance. Registered DRAMATIX kids also has the benefit of Public Speaking and Individual Eisteddfod training at additional cost.

Senior Program

  • Grade 4 to 12 learners participates in the National Speech and Drama College Exam
  • Training across a myriad of genres are given and there is emphasis on individual creativity development, development of leadership skills and group participation as well as public speaking.

SENIOR PROGRAM

Creative Structure

Pre-schoolers flourish within routine and structure and the DRAMATIX syllabus accommodates this fact by using a set structure within various themes.

Grading

At the end of each year the children receives a grading certificate that acknowledges the participation in a specific level of the program. Children that completes the full three year pre-school course receives a Drama Medal. In this way they learn that you have to work hard to receive something special.

Gr R Eisteddfodd participation

All the Gr R students will be entered in an individual eisteddfod during the year. If there is not a suitable competition in the area DRAMATIX will send an adjudicator to the venue and every child will have the opportunity to build his/her confidence in this way.

Gr 1 Skills Development

The subject Life Orientation in Gr 1 to 3 incorporates dans and drama as core components. The skills taught by DRAMATIX in pre-school years gives children a definite advantage. Skills that will be developed during our Base and Core year program includes: Correct Posture, Articulation and Pronunciation, Correct method of breathing (intercostal diaphragmatic breathing), Self-confidence, Public Speaking techniques and speaking in front of an audience.

Facilitators

  • Minimum requirements for facilitating DRAMATIX classes is a tertiary drama qualification and a minimum of 4 hours practical training with a senior Dramatix facilitator.

Lag / Laugh

Vaardighede word op ‘n speelgrondslag aangeleer deur fantasie- en literatuurspel.
We will laugh our way through each class, while exploring fun themes that encourages interactive learning.

Leer / Learn

Vaardighede word nie net aangeleer nie, maar ook versterk deur interaktiewe spel, rondom sentrale temas en die aanwend van die uniek-ontwikkelde lesplan struktuur.
Interactive learning forms the base of this activity.

Skyn / Shine

As leiers, op die verhoog en as emosioneel ontwikkelde kinders, skyn DRAMATIX-kinders. Drama maak ‘n verskil in hoe jy oor jouself voel en hoe jy teenoor ander optree.
As leaders, performers and emotionally well rounded kids, DRAMATIX-kids shine. Drama makes a difference, not only now, but later on in life when feeling good about yourself is important.